Private: Blog

In retrospek.

Rozier van TonderMaters, welkom by my eerste blog post

Rozier van Tonder – In Retrospek.

Maters, welkom by my eerste blog post

Ek staan op die rand van verandering (meeste van die tyd) en dis met groot opwinding wat ek hierdie projek aanpak. Ek is in die proses om myself te definiëer as Rozier, die grafiese ontwerper in Pretoria. Dan is daar my side line besigheid Okay Deer waar ek die troufotografie-wêreld intree met die oog om dit voltyds te doen. Dit is nodig om terug te staan en te kyk wat my tot hierdie punt gebring het. Vriende, familie, my lieflike vrou, mede kunstenaars, musiek en pop kultuur. Ja, ek dink dis die hoof faktore wat my beinvloed en trots om dit te kan noem.

Op die oomblik sit met die uitdaging om my werk te formuleer in ‘n goed afgewerkte weergawe wat ek aan die mense daar buite kan wys. Tussen die admin, rekenaarspeletjies en boeklees moet ek eintlik meer tyd maak om te ontwerp! Op daai noot, ek moet aan die werk spring en hierdie projek onder die knieg kry so ek los julle met woorde wat ek geniet van Adventure Time.

Sometimes a man [Dramatic pause] just has to retrieve his own disc.

Daar sy! Nou het julle so klein bietjie insig as dit kom by die onderwerp: Rozier van Tonder.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *